Afrikaanse grappies!!

Jou gratis humordiens

Nederlands English Lag elke week Lag nou Ander skakels

Opsie 1: Griesel se Grapkas
Humor! Skoon, oorspronklike, grappe in Afrikaans en Nederlands. Dis maklik om in te teken en net so maklik om weer uit te teken. Dit is gratis.  Klik op die mannetjie regs. Teken
in

Opsie 2: Lag jou nou flou
Jy wil nie op iets inteken nie, maar soek net lekker Afrikaanse en Nederlandse humor. Klik op die
blondine

Opsie 3: Skakels
'n Blad met skakels na Afrikaanse en Nederlandse webwerwe. Klik
hier

Opsie 4: 'n Grappie vir jou
Hier is vir jou 'n vars skoon grap elke keer wanneer jy na hierdie webwerf kom. Met komplimente van Griesel se Grapkas:

Klik
hier

Opsie 5: Vertel jou pel
Het jy 'n vriend(in) met 'n goeie humorsin? Vertel hom/haar van hierdie werf. Vul die vormpie in en klik. Maklik!
Vertel jou pel:
Jou
vrinne

Grappies vir die seremoniemeester

Is jy 'n seremoniemeester? Moet jy 'n toespraak maak by 'n troue? Ek stuur jou 100 skoon grappe oor die huwelik, die skoonma, die bruid en die bruidegom wat jy by 'n troue kan gebruik. Belangrik: In die onderwerp moet die woord 'Seremoniemeester' voorkom. Maak seker dat jy dit reg spel. Dis heeltemal gratis. Tik die volgende adres sonder enige spasies in jou e-possender in, en my rekenaar sal outomaties vir jou die grappies binne 24 uur aanstuur. Adres: regtewoord @ hotmail . com As jy behalwe die seremoniemeestergrappies ook elke week grappies wil kry, klik op die mannetjie regs.

Teken
in

Skoolgrappies

'n Skoolsielkundige probeer om tydens haar besoek aan 'n skool 'n onderwyseres daarvan te oortuig dat sy nie daarin geslaag het om die leerlinge oplettendheid te leer nie. Om haar punt te illustreer vra sy die kinders om twee-syfer getalle aan haar op te noem. Een outjie s: '17.' Die sielkundige skryf 71 op die swartbord en vra vir nog 'n getal. 'n Ander outjie s: '39,' en die sielkundige skryf 93. 'n Derde outjie s: '52,' en die sielkundige skryf 25. 'Probeer 66 en kyk of Antie daarvan ook 'n gemors kan maak,' s een outjie.

*

'n Moeder wat haar ou seuntjie vreeslik opgepiep het gaan skryf hom in by die skool en s toe vir die onderwyseres: "Ag juffrou, my ou kindjie is vreeslik sensitief en ek sal dit waardeer as u hom nooit ontstel nie. Moet tog nooit aan hom slaan nie, slaan maar liewer die kind langs hom, dit sal genoeg wees om hom af te skrik."

*

Die onderwyseres gee haar graad 5's 'n werkopdrag: Hulle moet hulle ouers vra om hulle 'n storie met 'n les aan die einde daarvan te vertel. Die volgende dag kom die kinders toe terug en begin een vir een hulle stories te vertel. Vinesh s: 'My pa is 'n hoenderboer en ons het baie broeihenne. Eenkeer het ons die eiers in 'n mandjie op die kar se voorste sitplek gesit om dit mark toe te vat. My pa slaan toe remme aan, die mandjie val om en al die eiers breek in die kar!' 'Mooi, Vinesh', s die juffrou, 'wat is die les van die storie?' 'Moenie al jou eiers in een mandjie sit nie!' s die trotse seuntjie. 'Baie goed,' s die onderwyseres. Volgende is dit klein Sipho se beurt. 'Ons het nou-die-dag berg toe gestap en toe sien ons 'n muis wat uit sy gaatjie kom.' 'O?', vra die juffrou, 'En wat is die les van die storie?' 'Die berg het 'n muis gebaar, Juffrou!' s Sipho. 'O, jaaa, dis seker waar,' s die onderwyseres. Volgende is dit klein Kosie se beurt. 'Juffrou, my pappie het my vertel van Antie Susanna wat verlede jaar op hulle plaas aangeval is. Toe sy hoor die alarm by die heiningdraad gaan af, toe besef sy hulle gaan die duur bottel brandewyn steel wat sy nou net op die dorp vir oom Koos as 'n present gekoop het. Toe drink sy gou die bottel leeg. Toe vat sy die haelgeweer, patrone en 'n vleismes en wag hulle by die deur in. Toe hulle inkom in die huis, skiet sy vier met die haelgeweer dood, steek twee dood met die kombuismes, en slaan die laaste een katswink met die vuis!' 'Oe, maar dis vreeslike storie!' roep die onderwyseres uit, 'Watter soort van les kry jou pappie uit so 'n aaklige storie?' Kosie antwoord: 'Bly ver weg van Antie Susanna as sy gesuip is!'

*

Onderwyseres in die klas : 'Wie van julle kan vir my s watter soort vol bou nie sy eie nessie nie maar l sy eiers in 'n ander vol se nes?' Graad Twee-mannetjie : 'Juffrou, dit is seker die koekoek. Hy bly mos nie in 'n nessie nie. Hy bly in die groot horlosie teen die muur.'.

*

Toe ek in die horskool was, het die onderwysers my gestem as die leerling wat die mees waarskynlike is om in die elektriese stoel te beland. - Kevin Krisciunas

*

Onderwyser: Jannie, jy doen Wiskunde vlak 4 nie waar nie? Jannie: Ja Meneer. Onderwyser: Neem dan nou hierdie Wiskundeboek vir vlak 2 huistoe vir jou Pa, anders gaan hy nooit opvang en jou huiswerk ordentlik doen nie.

*

Onderwyser:'Ek kan nie verstaan hoe een persoon soveel foute in sy huiswerk kan maak nie!' Jannie:'O, ek kan nie al die krediet daarvoor kry nie. My Pa het die meeste daarvan gedoen.'

*

Onderwyser:'Help jou pa jou met jou huiswerk?' Jannie: 'Nee Meneer, hy weet nog minder as ek.'

*

Gert: 'Ek wens my Pa het my met my huiswerk gehelp soos joune.' Jannie: 'Ek wens ook jou Pa het my met my huiswerk gehelp. Myne het gemaak dat ek 9% en uitskryfwerk gekry het.'

*

'Ek sou my huiswerk klaar gehad het vir vandag maar my sakgeld is op en my suster staan daarop om vooruit betaal te word.'

*

Bekommerde ouer aan onderwyser: 'Wat dink jy sal my seun wees wanneer hy met sy eksamens klaar is?' Onderwyser:' 'n Pensioenaris.'

*

Die onderwyseres het dit vir haar kinders op die hart gedruk hoe belangrik dit is om gaaf teenoor diere te wees. Na etlike hartroerende stories deur die kinders vra sy vir Jannie of hy ook iets het om by te dra. 'Ja' s hy ewe trots, 'Ek het eendag 'n seun geskop omdat hy sy hond geskop het!'

*

'n Beskroomde klein mannetjie tik die formidabele groot krel wat langs hom in die teater gesit het op die arm en vra vir hom:'Jy is nie dalk Jannie Pieterse van Linden, Johannesburg nie, is jy?' 'Nee ek is nie.' kom die antwoord, 'wat beteken dit vir jou?' 'Net dit, meneer,' kerm die klein mannetjie, 'Ek is - en daardie is sy sambreel wat jy geneem het.'

*

Sondagskoolonderwyseres: 'Almal wat wil hemel toe gaan, staan op.' Almal behalwe Jannie staan op. 'Jannie, wil jy nie hemel toe gaan nie?' Antwoord: 'N-nie nou al nie'

*

Onderwyseres: Noem vir my twee voornaamwoorde. Jannie: Wie? Ek?

*

Die onderwyseres wil die voordele van ontwapening aan die klas verduidelik. 'Wie van julle is teen oorlog gekant?' vra sy. Almal steek hulle hande op. 'Jannie, hoekom is jy teen oorlog gekant?' vra sy. Antwoord: 'Want oorlo maak geskiedenis.'

*

'Ek het op skool geleer dat geld nie alles in die lewe is nie. Geluk tel meer. Toe het Mammie my maar na 'n ander skool toe gestuur.' - Zsa Zsa Gabor

Teken
in



Jongste wysiging Maart 2017.